Het jy gehoor?

Karlien se stem gee in

“Ek is teleurgesteld, want ons moet vier of vyf konserte kanselleer,” het sy vandag aan SARIE gesê. “Daar het twee nodules op my stembande begin vorm. Dis nogal sleg, want hulle sal dit moet uitsny as dit verhard en dan sal ek ’n stemband-operasie moet ondergaan. Maar ons hoop dis nie nodig nie. Ek sien nou ’n klomp spesialiste, hulle probeer nou om my stem weer gesond te kry. Ek moet ook rus ter wille van my gesondheid, want hulle’s bang vir uitbranding.”

Sy sien ook daagliks ’n spraakspesialis om haar te leer om haar stem nie so te ooreis nie.
Die laaste tyd toer sy die land vol en tree oral op – van die Kaap en Bloemfontein tot Pretoria. “Ek het net agtergekom ek het nie meer krag nie, my stem wil nie meer uitkom nie.”

Nou gaan sy vir drie weke lank net by haar huis in Pretoria rus en gelukkig is Derick Hougaard, haar verloofde, tans in Suid-Afrika en kan haar ondersteun. “Ek wil net by die huis bly, ek wil nêrens heen gaan nie.”

Sy hoop om ná die drie weke se “stemrus” reg te wees om die opname van haar nuwe album te voltooi, wat na verwagting teen Oktober of November op die rakke sal wees.

  • Barbara

    Hi Karlientjie,

    Ek so jammer om te hoor van jou stem, hoop regtig jou stem kom reg. Glo,Hoop,Vertrou net op ons Hemelse Vader, ek wens jou sterkte toe en dra jou op aan ons Hemelse Vader. Jy sing pragtig en so uit die hart en dis so lekker om jou te hoor sing. Dankie ook vir jou vriendelikheid en opregtheid en vir alles wat jy vir liefdadigheid doen.

    Groete en sterkte, als sal regkom.

    Barbara

  • Herma Koch

    Karlien
    Mag jou geloof sterk staan in die Healer of all healers!
    Net Hy kan doen wat geen mens kan regkry nie.
    Mag jy in jou rustyd stil by Sy voete sit en weer hoor wie hy jou gemaak het om te wees.
    My gebede sal met jou wees
    Baie liefde,
    Herma

  • Zanelle van Rooyen

    Ai karlien dis baie slegte nuus,geniet jou musiek so baie. Maar nie te min ons dra jou op in gebed en glo die hemelse vader sal jou genees en dat jy weer lekker sal kan sing. Baie sterkte