FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Karlien sing oor liefde

Karlien van Jaarsveld se nuwe liedjie “Sing vir Liefde” sal jou sommer gou in die Valentynsgees sit.

Ja, bewonderaars kan hulle regmaak vir ’n splinternuwe album deur dié bekroonde Afrikaanse sangeres. En as voorsmaak gaan “Sing vir Liefde” én die musiekvideo van die liedjie van môre, 10 Februarie, eksklusief op Apple Music beskikbaar wees. 

Op Valentynsdag gaan die liedjie landwyd op radiostasies gespeel word. Karlien sê sy het gevoel dis tyd vir iets wat as “’n baken van hoop” kan dien.

“Dit het vir my gevoel, terwyl ek aan hierdie album skryf, of ek kan deel wat op my hart is sonder dat dit op enige manier verdraai kan word. ‘Sing vir Liefde’ laat my vry en lig voel en of alles net oor begin! Ek is mal oor die nuwe liedjie en hoop dat dit dieselfde sal bring vir die mense wat dit luister: lig en ook vrede, en ’n glimlag.”

Karlien het die liedjie saam met Johan Vorster en Christoph (Appel) Kotzé geskryf.

Lees nou

Só kan jy help saam met Bobby en Karlien: In jou skoene

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Gratis ontwerpe vir 4 tipe afsprake vir #Valentynsdag