FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Karlien is terug in die gimnasium

Karlien van Jaarsveld se tweeling is byna sewe weke oud en die sangeres is reeds weer in die gimnasium.

Kate Middleton wys haar baba-magie

Karlien het vanoggend ’n foto van haarself op Instagram gedeel waar sy ’n swart-en-wit oefentop dra. In die foto se onderskrif vertel sy dis haar eerste dag terug by die gym en dat sy nog baie onfiks is.

Lyk só stylvol terwyl jy oefen

Dit lyk egter nie of die jong mamma baie oefening nodig het nie. Sy het net so pragtig en skraal soos altyd gelyk by verlede week se fliekpremière van Pad na jou hart (hooffoto). Sy vertel aan SARIE.com hoe sy haar lyf teruggekry het – klik hier vir dié video.

Sy het ook foto’s van die tweeling, Daniël en Eliah, op haar selfoon gewys by dié geleentheid. Die tweeling, op sommige foto’s in rugbytruie, lyk te kostelik vir woorde! Hier is Karlien se eerste Instagram-foto’s van die Hougaard-tweeling.