FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Karlien van Jaarsveld as Aspoestertjie

Sangeres Karlien van Jaarsveld het verklap dat sy later vanjaar die rol van Aspoestertjie gaan vertolk.

Karlien het op Twitter gesê dat sy dit vir lank geheim moes hou, maar sy kan nou bevestig dat sy in Mei Aspoestertjie gaan speel in ‘n uitvoering by die Emperors Palace.

Kyk net hoe lyk sy in dié agter-die-skerms-foto as Aspoestertjie!

#Aspoestertjie #emporerspalace #mei

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

In Hollywood is hulle ook besig met ’n nuwe Aspoestertjie-film wat later vanjaar uitgereik word. Die Britse aktrise Lily James vertolk die naamrol. Sy is bekend vir haar rol in die gewilde reeks Downton Abbey. Richard Madden (van Games of Thrones-faam) speel die prins. Groot name soos Cate Blanchett en Helena Bonham Carter speel ook in die prent.

Hier is die eerste lokprent vir dié Disney-film.

Nóg aktrises wat al Aspoestertjie vertolk het

Screen Shot 2015-02-18 at 2.41.54 PMAnna Kendrick (Into the Woods, 2014)

Florence La Badie (Cinderella, 1911)

Julie Andrews (Cinderella, 1957)

Lesley Ann Warren (Cinderella, 1965)

 

 

 

Lees nou