Derick en 'n hoogswanger Karlien by die première van As jy sing in 2013. FOTO: Phyllis Green

Derick en 'n hoogswanger Karlien by die première van As jy sing in 2013. FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard amptelik geskei

Netwerk24 berig dat Karlien en Derick vandag, 42 dae ná hulle aangekondig het hul huwelik is op die rotse, amptelik geskei is. 

Jeanne-Marie Versluis berig op Netwerk24 dat die paartjie vanoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof geskei is.

Karlien se prokureur, David Scheepers van Adams & Adams, het gesê die paartjie het voortdurend op hul kinders, die tweeling Eliah en Daniël, se welstand gefokus het.

Lees die volledige artikel op Netwerk24

SARIE het vir ons Junie 2015-uitgawe met Karlien gesels en sy het reeds toe erken dat hulle nie die perfekte huwelik het nie, hoewel sy steeds lief is vir hom. Sy het gesê:

“Mense het om een of ander rede die idee dat ek en Derick [Hougaard, oud-Springbok] hierdie perfekte huwelik het. Maar as hulle moet sien wat in ons huis aangaan . . . die huwelik is beslis nie net hierdie wolk waarop jy loop nie, jou probleme begin eintlik dan éérs! Ons baklei soms erg, maar hy bly my sielsmaat. Ek dink juis dis belangrik om te kan baklei en steeds lief te wees vir mekaar, anders is dit nie real nie.”

Lees meer van dié onderhoud HIER.

In dié huwelik het Karlien en Derick ouers geword van die pragtige tweeling, Eliah en Daniël. In Januarie vanjaar het hulle ook ’n babatjie, Evah, verloor.

Ons is reg vir die game bring hom huistoe Bokke!!!!! #backyoualltheway #eliahendaniël

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on