sr1202cover_binne_3_
Het jy gehoor?

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard stel troue uit

Beide het tot die besef gekom dat daar persoonlike sake is wat aandag moet kry voor hulle ‘n belofte voor God kan aflê. Vir albei is die huwelik een van die heel belangrikste gebeurtenisse in ‘n mens se lewe en ‘n heilige instelling voor God. Die verlowing is nie verbreek nie en hulle is steeds ‘n paartjie.

Dit was nie ‘n maklike besluit om die troue uit te stel nie, maar omdat albei baie sterk oor die huwelik as instelling en ewige verbintenis voel, wil hulle baie seker maak dat alle onopgeloste sake opgeklaar moet word voor hulle in die huwelik kan tree.

“Ek is lief genoeg vir Karlien om te wag om met haar te trou,” sê Derick. “Ons gaan saam deur alles werk sodat ons huwelik op ‘n gesonde basis kan begin. Sy is my anderhelfte.”

“Derick is steeds my droomman,” sê Karlien. “Ek is ontsettend lief vir hom. Ons gaan deur al die haakplekke werk en ek weet dat ons net beter en sterker aan die ander kant gaan uitkom.”

Die paartjie het gevra vir privaatheid in hierdie tyd en volstaan by hierdie persverklaring.

  • jenine koen

    Eks bly hulle doen dit nou – trou is nie perde-koop nie – sorteer nou dinge uit voor die troue. Dis makliker o n verlowing op te breek as n egskeiding waar daar kinders betrokke is.

  • Denise Barnardo

    Goeie besluit om bietjie uit te stel, as om te trou met die wereld se oe op jou wat wag vir die eerste misstap, net omdat jul ‘n glans paartjie is..
    Mag God jul bystaan met die besluit.
    God Seen.

  • Wilma von Graszouw

    PUIK besluit!!! ek wens AL die verloofdes wil dit doen voor hulle trou!!!

    dan sal daar minder egskeidings wees en die kinders sal nie daaronder lei nie!!!

  • Anna Klopper

    Ek admireer hulle volwasse houding oor die aangeleentheid. Dit gebeur soms, en ek glo vas dit het niks daarmee te doen dat hul onseker is oor hul liefde vir mekaar nie! Sterkte julle twee.

  • Elsabe

    ‘n Baie wyse besluit.
    Sterkte vir albei van julle in hierdie tyd waar mense julle gaan of bystaan of kritiseer.

  • Suzette

    As twee mense vir mekaar lief is, werk jy die dinge selfs binne die huwelik uit, ek en my man het mekaar 35 jaar gelede ontoet, die 28ste Maart 1977, die 4de Junie 1977 verloof geraak en is getroud op die 8ste Oktober 1977, en glo my ons het al baie struikelblokke oorkom, en hy bly my droom man, ek glo geen vrou sal hom so lief he soos ek hom het nie, en ons twee kan nie sonder mekaar nie. So as julle mekaar wil he, vat mekaar en weet net dat die Here julle ook binne die huwelik sal bystaan, maar dan moet die wedesydse liefde wees, as een van die twee voor die tyd twyfel, los dit dan maar want dan gaan dit nie werk nie, punt.

  • Marly

    "Onopgeloste sake"…. klink vir my daar’s iets nie pluis nie.
    Tog sekerlik het hulle hiervan geweet toe hulle aan die hele wereld verkondig het dat hulle gaan trou.

  • Ella

    Julle is sulke goeie voorbeelde vir ons jong mense hier buite.
    Baie dankie dat julle die "guts" gehad het om hierdie groot besluit met
    ons almal te deel.

    Sterkte met alles
    xxx

  • melaine

    Hi Karlien ek is baie jammer dat dit gebeer het hoop het n lekar jaar verder lief Karlien en Bobby sterkte .Sê groete vir jou broer met die 2de babatjie lief julle ons almal stuur groete