FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Karlien van Jaarsveld gesels oor haar huwelik – Junie 2015

Karlien van Jaarsveld het gister bekend gemaak dat sy en haar man, Derick Hougaard, ná meer as twee jaar se huwelik gaan skei – lees meer hier.

SARIE het vir ons Junie 2015-uitgawe met Karlien gesels en sy het reeds toe erken dat hulle nie die perfekte huwelik het nie, alhoewel sy steeds lief is vir hom. Sy het gesê:

“Mense het om een of ander rede die idee dat ek en Derick [Hougaard, oud-Springbok] hierdie perfekte huwelik het. Maar as hulle moet sien wat in ons huis aangaan . . . die huwelik is beslis nie net hierdie wolk waarop jy loop nie, jou probleme begin eintlik dan éérs! Ons baklei soms erg, maar hy bly my sielsmaat. Ek dink juis dis belangrik om te kan baklei en steeds lief te wees vir mekaar, anders is dit nie real nie.”

Lees meer van dié onderhoud HIER.

In dié huwelik het Karlien en Derick ouers geword van die pragtige tweeling, Eliah en Daniël. Hulle het ook ’n babatjie, Evah, in Januarie vanjaar verloor.

Lees nou