FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Karlien van Jaarsveld se groot nuus op Valentynsdag

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het op haar Facebook-profielblad bekend gemaak dat haar aanhangers iets het om na uit te sien dié Valentynsdag.

Haar nuutste album, My Hartjie, is binnekort op die rakke en die titelsnit (wat sy die eerste keer einde 2014 op die Afrikaans is Groot-verhoog gesing het) word van môre af op die land se gewildste radiostasies gespeel.

Karlien se vorige albums is As die gordyn val (2010), Jakkals trou met wolf se vrou (2011) en Uitklophou (2013).

10689867_810432989004216_6269749964809588710_n

Karlien en haar man, Derick Hougaard, het vroeër vanjaar hartseer nuus gekry toe hulle uitgevind het dat hulle hul derde kind verloor het. Karlien was 19 weke swanger.

Dié paartjie is reeds die trotse ouers van die tweeling, Daniël en Eliah.

Karlien en die tweeling, Eliah en Daniël FOTO: Instagram  @karlienvanjaarsveld

Karlien en die tweeling, Eliah en Daniël
FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

Lees nou