karlien van Jaarsveld
Het jy gehoor?

Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo, ‘Geskeurde jeans’

Die plaaslike sangeres Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo, “Geskeurde jeans”, is gister bekendgestel. 

Binne 24 uur ná dit die eerste keer op YouTube te sien was, is dié video reeds meer as 18 000 keer gekyk. “Dit gaan ’n groot treffer wees,” het een aanhanger op Facebook van haar laat hoor.

“Geskeurde jeans” spog met pragtige strandtonele en blou lug. Tog skerts Karlien op haar Facebook-blad: “Dit was die koudste musiekvideo shoot ooit! Kan ons asseblief volgende keer in die somer skiet?”

Hou jy van Karlien se video van “Geskeurde jeans”?

  • Ja
  • Nee

Lees ook