Karlien van Jaarsveld
Het jy gehoor?

Karlien van Jaarsveld verloof

Die gewilde sangeres Karlien van Jaarsveld het vandag op Instagram aangekondig dat sy en die oud-rugbyspeler Joe Breytenbach verloof is.

Karlien was die afgelope week op vakansie en het vroeër op Instagram gesê dis haar lekkerste vakansie nóg.

Sy het toe vandag dié foto op Instagram gedeel:

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Sy het by dié foto geskryf:

“Sooooo… Ek wil graag die nuus met julle deel voor die media doen.. Ek en@joebreytenbach_13 is verloof

Almal vra wie is Joe? So, Joe is net ‘n gewone ou, met ‘n gewone werk wat lief is vir gholf op ‘n random afdag en ‘n bier om te ontspan. Hy like sigare rook (hy rook so bietjie teveel van dit) sy gunsteling afrikaanse kunstenaar is Koos Kombuis en hy maak gereeld kos vir ons in die huis.
Ek het Joe in Potch ontmoet 11 jaar terug, ons het gesoen, ‘but then he went to France’ en Joe was nooit weer te sien of te hore van… And then ‘there he was’ popped out of the blue sonder ‘n wit perd, in ‘n swart hemp en ‘n swart stywe jean met een baie groot smile, en ‘n baie sweet ‘hello’ net so sweet soos 11 jaar terug.
En soos hulle sê ‘you had me at hello’ the rest is history. Regte tyd Regte plek.

So ja dis ons lang storie in baie kort.
EK IS BAIE HAPPY EN BAIE HAPPY OM DIT MET JULLE TE KAN DEEL.

Lekker saterdag En lief vir jou my Joe JoePs. Joe se favorite kleur is swart.”

Joe het gister ’n foto van hul vakansie op sy Instagram-blad gedeel:

Screen Shot 2016-09-17 at 2.00.25 PM

 

SARIE.com het in Junie vanjaar berig dat dié twee ’n paartjie is. Lees HIER.

Lees ook

Verlief, verloof, dié bekendes gaan trou

Akteur Neels van Jaarsveld is verloof!

Pippa Middleton is verloof