Kate Beckinsale
Het jy gehoor?

Kate Beckinsale se huwelik op die rotse

Die aktrise Kate Beckinsale en haar man, die regisseur Len Wiseman, se paadjies het geskei ná 11 jaar van getroude lewe, berig Vogue Australia

Hoewel die nuus nou eers in die media beland het, is die voormalige glanspaar al ’n paar maande uitmekaar.

Len word reeds met die 24-jarige model CJ Franco verbind.

Volgens People het hul verteenwoordigers nog nie ’n woord oor die verbrokkelde verhouding gerep nie, maar ’n bron na aan die twee sê hulle is steeds vriendelik met mekaar en die egskeiding was glo glad nie dramaties nie.

Kate werk tans aan die aksie-film Underworld 5 in Praag.

Bronne: People en Vogue Australia

Kate en die akteur Michael Sheen het ’n 16-jarige dogter, Lily Mo Sheen.

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!