FOTO Instagram / @katebeckinsale

FOTO Instagram / @katebeckinsale

Het jy gehoor?

Kate Beckinsale skei ná 12 jaar

Nóg ’n Hollywood-paartjie het besluit om die handdoek in te gooi. Die Britse aktrise Kate Beckinsale en die regisseur Len Wiseman gaan ná hul huwelik van 12 jaar skei.

Die paartjie het mekaar in 2003 ontmoet en is toe in 2004 getroud. Len is veral bekend vir sy vampierreeks Underworld, waarin Kate die hoofrol vertolk het. Die nuutste een, Underworld: Blood Wars, word in 2017 vrygestel.

Is dit skeiseisoen? Want selfs Spider-Man is besig om te skei. Die akteur Tobey Maguire en sy vrou, Jennifer Meyer,  verlede week aangekondig dat hulle gaan skei. Die paartjie was 9 jaar getroud.

FOTO Instagram /@jenmeyerjewelery

FOTO Instagram /@jenmeyerjewelery

Die kletsrymer, Vanilla Ice, en sy vrou, Laura Van Winkle, gaan ná ’n huwelik van byna 20 jaar skei.

FOTO Instagram / @vanillaiceofficial

FOTO Instagram / @vanillaiceofficial

En die akteurspaartjie Liev Schreiber en Noami Watts het verlede maand aangekondig dat hul paadjies ná 11 jaar gaan skei. Hulle het twee kinders, Alexander (Sasha) Pete Schreiber (8) en Samuel Kai Schreiber (7).

FOTO Araya Diaz/Getty Images

FOTO Araya Diaz / Getty Images

Ander paartjies wie se paadjies vanjaar geskei het

Angelina Jolie en Brad Pitt – 12 jaar saam

Kat Dennings en Josh Groban – twee jaar saam

Taylor Swift en Calvin Harris – 15 maande saam

Taylor Swift en Tom Hiddleston – drie maande saam

FOTO Instagram @1027kiisfm

FOTO Instagram @1027kiisfm

Lady Gaga en Taylor Kinney – vyf jaar saam

Joshua Jackson en Diane Kruger – 10 jaar saam

Anne-Marie Duff en James McAvoy – 10 jaar saam

Kirsten Dunst en Garrett Hedlund – vier jaar saam

Summer Phoenix en Casey Affleck – 16 jaar saam

Peter Facinelli en Jaimie Alexander – vier jaar saam

Nina Dobrev en Austin Stowell – sewe maande saam

Naiyana Garth en Idris Elba – drie jaar saam

Lea Michele en Matthew Paetz – twee jaar saam

Drew Barrymore en Will Kopelman – vier jaar saam

Sami Miró en Zac Efron – twee jaar saam

Johnny Depp en Amber Heard – vier jaar saam

Wilmer Valderrama en Demi Lovato – ses jaar saam

Dennis en Kimberly Quaid – 12 jaar saam

 

Lees nou

VIDEO: Lady Gaga se Carpool Karaoke!

Laudo Liebenberg se Karoo-troue

Wat sê jou lipstiffie se vorm oor jou?