Het jy gehoor?

Kate Davies se fotokuns nou op T-hemde

Fotograaf Kate Davies het 2014 afgeskop met ‘n projek oor 365 dae – neem ‘n foto elke dag vir een jaar.
SAARTJIE inboxOp 5 Februarie het ek haar 365 dae-uitstalling bygewoon. Dit was ongelooflik!

Kate Davies se Januarie 2014 foto's van haar 365 dae projek. Foto: www.katedavies.co.za

Kate Davies se Januarie 2014-foto’s van haar 365-dae-projek. Foto: www.katedavies.co.za

Maar nou dink jy seker by jouself, wat maak dit nou regtig so spesiaal … Want spesiaal is dit. Al die foto’s is met die infrarooi-tegniek afgeneem, wat beteken jy kan nie deur die beeldsoeker (viewfinder) kyk om te sien wat jy afneem nie. Dan het dié Kaapse fotograaf ook besluit om ‘n sirkel-formaat vir die foto’s te gebruik, wat die komposisie meer ingewikkeld maak as ‘n gewone vierkantige of reghoekige formaat. Elkeen van die foto’s wys haar ongelooflike talent.

Haar projek is so inspirerend dat van die foto’s selfs op T-hemde gedruk is en eksklusief by www.spree.co.za/sarie beskikbaar is.

Kyk hier na van die T-hemde wat te koop is

My Shadow Left Me Long Ago

T-hemp , Kate Davies, te koop by SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za

Meditation Station

T-hemp , Kate Davies, te koop by SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za

Kosmosblommetjie

T-hemp , Kate Davies, te koop by SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za

The Greatest View

T-hemp , Kate Davies, te koop by SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za