Harry en skoonsus, Kate FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Groot pêlle Kate en Prins Harry maak opslae

Prins Harry het al voorheen erken dat Kate die suster is wat hy nooit gehad het nie. En tydens die verskillende geleenthede met die koningin se diamant-jubileum was dit duidelik watter goeie vriende dié twee werklik is. Die gesprekspunt, #bestbrotherinlaw, het selfs op die gonsnetwerk, Twitter, as ‘n top-onderwerp verskyn.

Terwyl Prins William beslis die meer ernstige broer is, het die ondeunde prins Harry selfs op Buckingham-paleis se balkon ‘n hele paar breë glimlagte uit Kate gekry.

Dis baie duidelik dat Kate met ope arms in die koninklike familie aanvaar is en dat dié twee koninklike broers – en nou ook Kate – ‘n baie hegte, gemaklike verhouding het. Diana sou trots gewees het!

  • Reinette van Loggernberg

    Ek dink hulle Ma sou baie trots op hulle gewees het. Naas Dianna is Ka
    te seker die mees elegantste Dame in die paleis. En haar mooi verhouding met Prins Harry is ook baie mooi. Vanaf die Hemel kyk Prinses Dianne op hulle af en is tevrede.

  • jaycee

    Ek hoop nie iets baie onsmaaklik word van hierdie affêre gemaak nie.

  • Amanda Stegemann

    Ek stem saam met Reinette!

  • wendy

    PRINS WILLIAM ONS IS TROTS OP JOU KATE SAL JOU NOOIT IN DIE SKANDE STEEK NIE SY IS GOED OP GEVOED EN JY KAN HAAR DEUR N RING TREK ,AI DIANA KYK MET GROOT OE NA JULLE EN SY SAL SO TROTS OP JULLE GEWEES YOU GO BOY ,,,

  • Wiesie

    Daar is NIKS daarmee verkeerd nie!! As dit ‘n gesonde broer/suster verhouding is, is dit PRAGTIG!!!! Los tog in Vadersnaam die mense uit!!!!

  • ekke

    Ag weet jy mens kan net vriende wees, moet daar altyd ‘n agterbakse konnektasie tussen iemand gesien word, As jy jouself nie kan vertrou nie, dan sien jy altyd die negatiewe foute in ander, Ag dis tog so mooi om ‘n bjietjie opregte liefde tussen skoonkinders te sien, as dit my so lekker laat kry kan ek glo dat die Koninging en Prinses Diana nog lekkerder te kry, dan praat ek nie eers van God se goedkeurende oë nie,, julle skinderbekke kan julle God se goedkeurende oë op julle voel

  • David

    Dit is goed dat hulle so ‘n hegte band het – en dit is iets waarop Diana trots sou gewees het. Natuurlik sal almal iets hiervan probeer maak. Dit is nie te sê dat Harry en William soos hul Pa is nie…

  • Wilma Venter – Florida

    Hoekom word alles uit verband geruk? Prins Harry is ‘n jong man met ‘n baie goeie sin vir humor. Hoekom kan hy dit nie met sy skoonsuster, vir wie almal lief is, deel nie? Kate, ek is seker daarvan Diana sou jou ook met ope arms in haar gesin toegelaat het. Jy is ‘n ware dame.