FOTO Twitter

FOTO Twitter

Het jy gehoor?

So mooi soos ’n blom

Berge proteas en arms vol fynbos by die jaarlikse Chelsea-blommeskou in Londen was betowerend genoeg om weer vir SA ’n goue medalje te wen. Die 34ste in 41 jaar by dié skou!

Maar daar was een blom, ’n pienk krisant met groen puntjies en so mooi soos ’n prinses, wat harte gesteel het. Die groot trekpleister was die Princess Charlotte chrysanthemum, vernoem na prinses Charlotte, prins William en Kate se jongste. ’n Nederlandse kwekery het net voor Charlotte se eerste verjaarsdag op 2 Mei vanjaar besluit om haar so te vereer. Dié mooi blom is vanjaar ook ingeskryf as blom van die jaar.

The Princess Charlotte Chrysanthemum is blooming @the_rhs #chelseaflowershow

A photo posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

Dis lekker om te weet prins William en Kate, wat dié skou vir die eerste keer bygewoon het en ook prinses Charlotte se spesiale krisant van nader kon sien, het ons mooi proteas en wen-uitstalling bewonder. Prins Harry, koningin Elizabeth, prinsesse Anne, Beatrice, Eugenie én prins Andrew was ook daar.

FOTO: Facebook Kirstenbosch

FOTO: Facebook Kirstenbosch

(Lees meer op SANBI en Kirstenbosch se webblaaie)

Britte kan reeds dié krisant by die supermark Waitrose koop teen £8 (R182,40) vir ’n bossie. ’n Gedeelte van die inkomste word aan die East Anglia-kinderhospies geskenk, waarvan Kate die beskermvrou is.

Nou kan Charlotte spog met ’n blom, ’n lipstiffie én ’n klerereeks. Maar moenie dink die jongste kry al die glorie nie. Ouboet George het in 2014 ook sy eie blom by die blommeskou gehad, die Georgie Boy-affodil.

Nou moet Charlotte, soos George, nog net die Amerikaanse president ontmoet!

Bronne: Hello! en Vanity Fair