FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate en William deel koek uit vir aanhangers

Aanhangers van die koningshuis in Engeland kamp al vir etlike dae uit voor die St. Mary’s hosppitaal in Londen waar die hertogin van Cambridge, Kate Middleton lewe sal skenk aan die langverwagte baba. Midde van die opwinding en die gewag het Kate en prins William vir dié kanniedood aanhangers koek laat aflewer om hulle te bedank vir hulle toegewyde ondersteuning, berig Hello

Die soet verrassing is in bokse wat met pienk linte toegedraai is afgelewer, wat nou vir baie mense ’n teken is dat die nuwe babatjie ’n dogtertjie is.

Sosiale media platforms gons onophoudelik oor wanneer die tweede koninklike baba gaan arriveer.

Hutsmerke soos #TheGreatKateWait en #KatieWaitie is veral gewild op Twitter.

Tog is die parkeerbeperkings rondom die hospitaal net vir die maand van April ingestel, so as dít enige teken is, behoort die baba vandag of môre te kom.

Dink jy die nuwe koninklike baba gaan ‘n dogtertjie wees?

  • Ja
  • Nee

 

Lees ook: