camillia_kate_middleton_030211
Het jy gehoor?

Kate en William die fliek – kyk wie speel Kate Middleton

Die 26-jarige aktrise het honderde ander meisies wat vir die oudisie gegaan het, uitgestof. Sy het al in TV-reekse en -flieks gespeel, onder meer in die kortfilm Pride and Prejudice and Zombies: Dawn of the Dreadfuls.

Camilla se sister het aan The Sun gesê Camilla is baie opgewonde. “Sy het nog haar lewe lank die koninklike familie bewonder en nooit gedroom sy sou een van hulle speel nie.”

Camilla gaan teenoor die Nieu-Seelandse akteur Nico Evers-Swindell (prins William) speel. Ben Cross vertolk die rol van prins Charles.