FOTO Instagram / @kensingtonroyal

FOTO Instagram / @kensingtonroyal

Het jy gehoor?

Kate herinner baie aan Diana in dié nuwe foto

Hoewel Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, nooit haar oorlede skoonma, prinses Diana, ontmoet het nie, volg sy in haar voetspore as dit by mode en styl kom.

Die internet is omtrent op hol oor dié foto van Kate tydens die pas afgelope Wapenstilstandsdag, want dit herinner aan ’n foto van Diana by dieselfde geleentheid in 1988.

 

Die hertogin en prins William was in Londen by ’n herdenkingsdagviering vir diegene wat hul lewe tydens die Eerste Wêreldoorlog verloor het.  

 

Dit is tradisie om op dié dag swart aan te trek en die rooi papawerblom te dra, maar mense reken die ooreenkoms tussen die 34-jarige en haar man se ontslape ma is baie opvallend …  

 

Hier is nóg 5 geleenthede waar skoondogter en skoonma ons aan mekaar herinner het

Kate het in 2009 aan prins William verloof geraak. Hul verlowingsfoto is deur die bekende fotograaf Mario Testino geneem. Kate se blou rok in die foto herinner aan die rok wat Diana in haar verlowingsfoto dra.

 

Toe William en Kate in 2010 getrou het, het hulle die koninklike tradisies nougeset gevolg, daarom is daar duidelike ooreenkomste tussen hul troue en dié van Charles en Diana in 1981.

 

Albei prinsesse se swangerskapmodes was stylvol en duisende vroue wêreldwyd het dit slaafs nagevolg.

 

Die foto spreek vanself oor die twee se eenderse smaak.

 

Jy wonder of dit toevallig is … dié ski-baadjies lyk baie eenders!

Lees nou

Kyk wie speel Kate Middleton …

Wie dra dit beter? Kate Middleton of Paris Hilton?

Kate Middleton laat wéér die koppe draai!