FOTO: Instagram katehudson

FOTO: Instagram katehudson

Het jy gehoor?

Kate Hudson en Nick Jonas ’n paartjie?

Is die bekroonde aktrise Kate Hudson en die sanger Nick Jonas Hollywood se nuutste glanspaar? TMZ berig dat dié twee die afgelope naweek saam gekuier het.

Alhoewel die 36-jarige blondine 13 jaar ouer as die “Jealous”-sanger is, het hulle heel gemaklik gelyk toe hulle saam by Disney World in Orlando en die volgende dag in Miami gesien is.

Volgens E! Online sê sommige bronne dat Kate en Nick beslis ’n paartjie is, maar ander hou vol dat hulle net vriende is.

Nick en die skoonheidskoningin Olivia Culpo se paaie het vroeër vanjaar geskei en hy is daarna romanties met Kendall Jenner verbind.

Kate het verlede jaar haar verlowing met die musikant Matthew Bellamy verbreek. Hul seun, Bingham, is uit dié verhouding gebore.

Hier is Kate met haar twee seuns, Ryder (11) en Bingham (4). 

A photo posted by Kate Hudson (@katehudson) on

Bronne: TMZ en E! Online

Lees ook