kate_hudson_032_1024x768
Het jy gehoor?

Kate Hudson is swanger!

Ons gaan dié toekenning-seisoen in Hollywood baie elegante kraamdrag op die rooi tapyt sien aangesien Kate Hudson ook binnekort soos Victoria Beckham, Natalie Portman en Jennifer Connelly met ‘n boepie gaan spog.

Ná omtrent nege maande is Kate Hudson en Matthew Bellamy gereed om met ’n gesin te begin. Volgens people.com is Hudson werklik baie gelukkig en het sy nog altyd daarna uitgesien om weer kinders te kry. Hudson (31) het reeds ’n seun van 7 by haar eks, Chris Robinson.

“Ek glo verseker in die liefde. Ek glo ook as jy jouself werklik oopmaak vir liefde, is dit die wonderlikste en mooiste ding,” sê Hudson.

In ’n onderhoud in 2007 het Hudson gepraat oor hoe haar hele uitkyk op die lewe verander het vandat sy ma geword het. “Jy besef nadat jy kinders gekry het dat jy nooit weer iets liewer sal hê as hulle nie.”

Lees die volledige berig op people.com

  • http://ugejstabuhmd.com/ rlpcetwmma

    Zpl0yg hqmfyyuuqhqt, [url=http://hddurkydzybb.com/]hddurkydzybb[/url], [link=http://uwldrhrffpzb.com/]uwldrhrffpzb[/link], http://npioevqlebye.com/