FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate Hudson praat trouplanne

Die aktrise Kate Hudson sal nes haar ma Goldie Hawn ook eerder ’n lang, gelukkige verhouding hê as wat sy om die verkeerde redes trou.

Die Bride Wars-aktrise is al vir die afgelope drie jaar verloof aan die Britse sanger Matthew Betthany van die musiekgroep Muse. Maar volgens die tydskrif Us Weekly is Kate glad nie haastig om in die nabye toekoms trouplanne te maak nie.

Kry Kate se bene só

Kate Hudson

Hoewel sy erken dat sy op die oomblik net te besig is om die troue te beplan, sê Kate ook dat sy beïnvloed word deur haar ma, Goldie, se verhouding. Goldie en Kurt Russell is al vir 25 jaar in ’n eksklusiewe verhouding, maar wil nie trou nie. Goldie en Kate se biologiese pa, Bill Hudson, is in 1980 geskei.

Goldie en ander sterre wie se verhoudings werk

“Ek het nie in ’n konvensionele gesin grootgeword nie – my ouers is nie getroud nie,” het Kate verduidelik. “Daarom is daar ’n deel van my wat voel ás ek trou, wil ek dit reg doen. En ek gaan my tyd vat om dit ook reg te beplan.”

Kate Hudson en Anne Hathaway in die romantiese komedie, 'Bride Wars'. VIDEOGREEP: YouTube

Kate Hudson en Anne Hathaway in die romantiese komedie, Bride Wars. SKERMGREEP: YouTube

Rika Sennett en haar dogter saam op die skerm

Kate en haar eksman, Chris Robinson, se seun, Ryder, is 10 jaar oud. Kate en Matthew se seun, Bing, is byna 3.

Bron: Us Weekly