FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate leer kook vóór baba kom

Dit is geen geheim dat Kate nie ‘n voet verkeerd kan sit in die oë van die publiek nie (lees meer oor die Kate-effek hier). En nou het dié hertogin weereens bewys sy maak die koninklike rol haar eie.

Kate en William het vir Antonella Fresolone wat reeds 13 jaar in Buckingham Paleis werk, gevra om hulle huishoudster te wees. Maar dit lyk nie of Antonella baie werk gaan doen nie. Dié Italianer leer nou vir Kate hoe hom te kook vóór die baba in Julie kom. Kate kan volgens US Weekly reeds verskeie disse maak.  

Die 42-jarige Antonella gaan saam met die hertog en hertogin van Cambridge later vanjaar na Kensington Paleis trek. Sy is blykbaar ‘n getroue en harde werker. Die koningin het ook haar goedkeuring gegee dat Antonella die nuwe ouers gaan help, al was sy een van haar drie persoonlike diensmeisies.

William en Kate

Dié paartjie gaan ook koninklike tradisie verbreek wanneer William Kate se hand gaan vashou terwyl sy geboorte skenk. Tradisioneel wag die koninklike mans buite, maar dit wys reeds dat William ‘n betrokke pa wil wees. William het onlangs gesê hy sien uit na die min slaap en laat nagte wat ‘n nuwe baba bring.

Bronne het aan verskeie skindertydskrifte gesê dat William, Kate en hul nuwe pienkvoet nie dadelik op hul eie gaan woon nie. Kate beplan om vir ‘n paar weke saam met haar ouers te woon om eers gewoond te raak aan haar nuwe rol as ma.

Addisionele bron: Hello!