Het jy gehoor?

Kate lyk ongelooflik + kry haar styl

Kate, wat 7 maande swanger is, het die jaarlikse tuinparty by Buckingham-paleis saam met haar skoonouers, prins Charles en sy vrou Camilla, die hertogin van Cornwall, bygewoon. Sy het die koppe laat draai in haar geel Emilia Wickstead-baadjierok. Kate het by verlede jaar se tuinparty ook ‘n rok van dié Nieu-Seelandse ontwerper gedra. Haar hoed (fascinator) het nét soveel aandag gekry.

Alle oë was op Kate in die geel rok. Omstanders het tou gestaan vir die geleentheid om met haar te gesels. Daar was sowat 8 000 genooide gaste by die geleentheid, onder meer Olimpiese atlete, Paralimpiese atlete en amptenare wat die 2012 Olimpiese Spele moontlik gemaak het.

Gaste kry slegs ‘n uitnodiging na dié eksklusiewe partytjie as hulle deur die regering, weermag of liefdadigheidsorganisasies daarvoor benoem word. Dit gee hulle die geleentheid om met die koninklikes skouers te skuur én deur die paleistuin, wat normaalweg nie vir die publiek oop is nie, te loop.

270 000 koppies tee is by dié geleentheid gedrink
20 000 toebroodjies en snye koek is geëet
Buckingham Palace Garden Party Tea ‘n Spesiale tee wat vir dié geleentheid gemaak is

Bron: Hello!

[box:full:red:both]

Kry Kate se bykomstighede in die SARIE-winkel

Die Klassieke hoëhakskoen

Goue palmtas

Margaret Earrings

[/box]