Kate Mara
Het jy gehoor?

Kate Mara se nuwe haarstyl

“Ek hou daarvan om my voorkoms vars te hou,” sê die House of Cards-aktrise Kate Mara ná sy al weer haar haarstyl verander het,” berig Hello!.

Kate se nuutste haarstyl is ’n kort pixie-styl. Sy het op die rooi tapyt van Max Mara se Vroue in die Filmbedryf-geselligheid verskyn waar sy vereer is as die Gesig van die Toekoms. Sy het aan Hello! vertel dat dié nuwe haarstyl vir ’n fliek is wat tans verfilm word, en dat sy dit reeds geniet om minder tyd en moeite aan haar kapsel af te staan. Kate het ook gebieg dat sy baie lui is wanneer dit by haarsorg kom. “Ek het gehoor korter hare lyk beter as dit nie te gereeld gewas word nie, dit pas my!” Die haarkapper wat Kate se hare gensy het, Mara Roszak, het dié foto op Instagram gedeel.

 

#katemara #maxmara #hairbymara #somuchmara

 

A photo posted by Mara Roszak (@mararoszak) on

Bron: Hello!

Lees ook