Gallo Images/Getty Images

Gallo Images/Getty Images

Het jy gehoor?

Kate Middleton gaan redakteur-redakteur speel

Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, gaan vir een dag haar kroon vir ’n redakteurstoel verruil. 

En dis nie oor die skone Kate verveeld is nie. Sy wil eerder dié geleentheid gebruik om bewusmaking oor kwessies van kinders se psigiese gesondheid te skep, berig Forbes.

Sy gaan volgende maand vir een dag gasredakteur wees by die webwerf Huffington Post UK.

“Die afgelope paar jaar het die hertogin in haar werk baie gefokus op die psigiese gesondheid van jong kinders,” het die Kensington-paleis in ‘n verklaring gesê.

 

Kate sal beheer neem van Huffington Post UK en ’n span lei om verskeie insette van gesondheidskenners, sielkundiges, ouers en kinders op die webtuiste plaas.

Die Kensington-paleis het oor die naweek getwiet:

Na aan Kate se hart

Verlede jaar het Kate tydens ’n geleentheid van Place2Be, ’n organisasie vir kinders, gepraat oor haar passie vir dié kwessie.

“Mense vra my gereeld waarom ek oor die psigiese gesondheid van kinders wil praat. My antwoord is eenvoudig: Ek weet ek was gelukkig, my ouers en onderwysers het my ’n veilige omgewing gegee. As kind het ek het altyd geweet dat hulle my liefgehad het. Maar nie alle kinders is so gelukkig nie. En oor die jare het ek besef die kern van swak psigiese gesondheid lê dikwels by iets wat tydens kinderdae gebeur het. Alle kinders verdien aandag, liefde en omgee van die grootmense in hul lewe.”

Ons kan nie wag om Kate in die redakteurstoel te sien nie!

Bronne: Forbes en Kensington Paleis

Lees nou