FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate Middleton is nou ’n gevorderde diepseeduiker

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, het pas ’n gevorderde diepseeduikkursus voltooi, berig Hello!

’n Woordvoerder het bevestig dat Kate nou saam met haar man, prins William, wat ook die president van die British Sub-Aqua Club is, so diep as 30 m sal kan duik. Die kursus het uit vyf duike bestaan, waaronder ’n 30 m-duik en ’n onderwater-navigasieduik.

William en Kate hou graag vakansie saam met haar familie op Mustique, ’n private Karibiese eiland, waar William graag diepseeduik om haaie te sien. Daar word bespiegel dat Kate die kursus daar gedoen het.

Volgens Mail Online wil die koninklike paartjie graag hê dat hul kinders ook later dié sport beoefen. “Diepseeduik het my oë oopgemaak vir die ongelooflikste tonele, maar ook vir die verantwoordelikheid wat ons het om die oseane te bewaar,” het prins William gesê.

Bron: Hello! en Mail Online

Lees ook