Het jy gehoor?

Kate Middleton nou ’n koffiewinkel

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, was van dag een af ’n inspirasie vir die wêreld. Sy het immers die Kate-effek: Dra sy iets wil almal dit hê! Nou is sy selfs die muse vir ’n koffiewinkel in Australië.

Middletown Café is Australië se eerste koninklik-geïnspireerde koffiewinkel. Die oulike plek is in die stad Melbourne geleë. Kate is bekend vir haar uitrustings in koninklike blou en wit. Daarom is dit geen verrassing dat dít die kleure van Middletown Café is nie.

Kyk net hoe pragtig lyk hierdie koffiewinkel:

Our interior captured beautifully by @dreachong #middletowncafe A photo posted by Middletown Cafe (@middletowncafe) on

Grab your colleagues and celebrate last working day before Christmas with coffee and brunch! #middletowncafe : @ry_0c0_yr A photo posted by Middletown Cafe (@middletowncafe) on

Good morning! Start Friday happy hour with a round of coffee at Middletown! Cheers #middletownau

A photo posted by Middletown Cafe (@middletowncafe) on

Kate, wat ewe bekend is vir haar gesonde leefstyl, sal ook die spyskaart goedkeur. Daar is verskeie gesonde happies waaraan die hertogin sal kan peusel.

Middletown Café se eienaar, Randy Dhamanhuri, het aan People gesê dat Kate sy muse was en dat hy die gevoel wou skep dat sy hier woon. Kate het nog nie “haar” koffiewinkel besoek nie.

Bronne: People, Refinery 29

Lees nou

Kylie Minogue wen oorlog teen ander Kylie

Is jy ook skuldig? Dís die mees algemene wagwoorde …

4 interessante nuusstories vir 6 Februarie 2017