FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Kate Middleton pronk op Vogue

Haar gesig het al op die voorblad van talle tydskrifte en koerante verskyn. Maar vir die eerste keer het die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, amptelik vir ’n voorblad-fotosessie geposeer. En sy lyk beeldskoon!

Ter viering van hul 100ste bestaansjaar het die Britse Vogue vir Kate op hul voorblad. Die foto’s is geneem by Norfolk, waar die Cambridges woon. En twee van dié foto’s gaan deel wees van Vogue 100: A Century of Style, die uitstalling wat deel is van die vieringe.

Kate se skoonma, wyle prinses Diana, het al drie keer op die Britse Vogue se voorblad verskyn.

Prinses Diana Vogue

Een van Vogue se drie voorblaaie met prinses Diana.

Selfs prins William se ouma, koningin Elizabeth II, het op 3 jaar haar eerste tydskrif-voorblad gekry.

queen e time cover

Kate se platteland-fotosessie met British Vogue:

Dié uitgawe is 5 Mei op die rakke in Brittanje.

Lees nou

Prinses Charlotte is een!

Dís in Kate Middleton se grimeersakkie

Dié rok van Kate Middleton wil almal hê