Het jy gehoor?

Wat word vir Kate Middleton se 31ste beplan?

Pippa Middleton (28), Kate se mooie sus, is ‘n partytjiebeplanner van beroep en die ideale een om hierdie baie spesiale viering te reël. Prins Harry (27) sit glo ook ‘n handjie by. Volgens gerugte is karaoke en skemerkelkies op die agenda van dié 80’s-partytjie, en met dié twee aan die stuur van sake beloof dit om ‘n opskop soos min te wees. Moontlik die laaste van dié soort kuieraande vir die toekomstige koningin van Engeland …

Gaste het reeds “hou die datum oop”-kaartjies ontvang vir die partytjie wat iewers in Londen gehou sal word. Kate het blykbaar ook gevra dat gaste eerder donasies aan liefdadigheid moet skenk as presente koop.

Die koningin beplan om vir Kate ‘n tiara uit haar versameling te gee. En haar prins? Volgens berigte is hy op soek na die perfekte horlosie vir daardie fyn pols.

  • non

    sommer net met heimwee oor hoe Diana haar kinders sou geniet het……

  • Belinda

    Ek en Kate verjaar op die selfde dag! Ek is wel net 8 jaar ouer as sy!! En my prins het my ook bederf!!

  • Elize van Wyk

    Wardeer jou ouers terwyl jy nog kan more is dit dalk te laat. Diana sou trots gewees het op so n pragtige skoondogter.

  • Margaret Schoeman

    Ek stem saam met non hierbo…

  • cecilia behrens

    Kate must enjoy her birthdag,we wish her sucess and a long happy life….We love you all!!! Cecilia.xx

  • Gerda

    Ek het ook gister verjaar.

  • Jacqueline Du Preez

    Ek vier my verjaarsdag met Prins William, 21 Junie. Dis vir my baie spesiaal. Ek is 15 jaar ouer as die prins.

  • ADRI

    Lekker om van die Koningklikes te lees, mens hoor en sien so min van hulle. Sy is pragtig!!

  • Karen Appel

    Kate het weer lewe in die koningshuis laat kom, sy is plat op die aarde met haar voete, en dink nogal dat sy sou goed oor die eg kom met wyle Lady Di, eenvoudig maar tog modieuse style.