FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate Middleton se 7 beste uitrustings van die week

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, het dié besige week nie ’n modevoet verkeerd gesit nie! Sy was stylvol geklee vir haar eerste staatsbanket, die première van Spectre en toe sy verskeie liefdadigheidsprojekte besoek het.

Hier is haar 7 mooiste uitrustings van die week:

Die bloedrooi Jenny Packham-rok by die staatsbanket op 20 Oktober saam met die president van China, Xi Jinping.

Die dag ná die banket het Kate en haar man, prins William, weer met die Chinese president en sy vrou, Peng Liyuan, ontmoet. Kate het dié Dolce & Gabbana-rok gedra.

In ’n koningsblou Christopher Kane-jas in Dundee, Skotland.

Kate dra op 26 Oktober dié Tabitha Webb-nommer na ’n première van Shaun the Sheep Movie wat vir minder bevoorregte kinders gewys is tydens ’n BAFTA-geleentheid (British Academy of Film and Television Arts).

Dieselfde aand het Kate en William saam met sy broer, prins Harry, die première van Spectre, die nuwe James Bond-fliek, bygewoon in hierdie pragtige Jenny Packham-aandrok.

Kate het ’n Orla Kiely-rok op 27 Oktober gekies om kinders en ouers van die Vroeë Intervensie-liefdadigheidsorganisasie te ontmoet.

Gisteraand het Kate dié Erdem-skepping aangehad na die Hedge Funds-gala-aand.

Ons kan nie genoeg van Kate se mooi uitrustings kry nie!

Lees ook