katrina_darling
Het jy gehoor?

Kate Middleton se kleinniggie skraps geklee op tydskrifvoorblad

Ons vermoed Katrina Darling is beslis nie op dié oomblik die Britse koningshuis se ‘darling’ nie! Haar bekende kleinniggie, Kate Middleton, is hard (en stylvol!) aan die werk om haar profiel as gewone burgerlike/nóú koninklike te vestig, en het beslis nie familielede nodig wat haar beeld kan skade berokken nie.

Kleinniggie Katrina (22) is ‘n burlesk-danser wat al meer as een keer met min of geen klere in tydskrifte verskyn het – eers in Playboy en nou weer in die Marilyn Monroe-geïnspireerde voorbladartikel vir die Britse manstydskrif Loaded. “Ek voel nie kaal sonder klere nie, maar baie gemaklik,” sê sy. Dit was ook min of meer haar mening toe sy uitgevra is oor Kate se kaalbors-skandaal verlede jaar. “Hoekom moet sy onder die soeklig kom omdat sy gemaklik is met haar lyf?”

Ondanks haar “koninklike konneksie” maak Katrina dit duidelik dat sy met suiwer harde werk sukses behaal. Sy verdien nou maklik ses-syfer-bedrae vir haar fotosessies.

Sy het nog nooit vir Kate ontmoet nie.

Katrina Darling op die Loaded-voorblad

  • Marlize

    Die arme Kate – gaan wat haar ouers se diere doen nie ook op die nuus kom nie? – Gaan die mensie dat nou ooit kan swanger wees in rus en vrede. Sy kan mos nie pa staan vir elke dierbare persoon in haar bloedlyn nie? Die klein niggie het haar dan nog nie eers ontmoet nie. Ek dink dis omdat hulle so min van Kate self kan se dat die media enigeiets sal uitkrap…

  • Tessa

    Nou wat nou. Dit is nie Kate nie en eenvoudig nie nuuswaardig nie.

  • Tarien

    Ja nee kyk, kry hulle nie iets nie soek hulle iets….maar sensasie moet hulle kry. Kate het die vrou nog nooit ontmoet nie, maar nou is sy sommer skandelik oor iets wat vreemde vrou aanvang. Belaglik

  • Dalene

    Niks noemenswaardig. Ek is nie verantwoordelik vir wat my sus/man/kind kwytraak. Hoe moet sy nou iets te doene he met n kleinnig…