Het jy gehoor?

Kate Middleton dra ‘n ‘goedkoop’ rok in NY

Kate en prins William is steeds op toer in New York, maar ten spyte van hul koninklike aktiwiteite het Kate gister (9 Desember) in ‘n ‘sakpas’-rok (vir ‘n hertogin…) haar verskyning gemaak. Só berig In Style.

Die Seraphine-ontwerp kos slegs R1130, en dis nie die eerste keer dat Kate dié ontwerper se swangerdrag in NY dra nie. Stylvol in dié swart swangerskap-rok met ‘n rolnek, het Kate die kameras laat flits.

Duke And Dutchess Attend Creativity Is GREAT Reception

Gallo Images/Getty Images

black turtle neck

Die rok op www.seraphine.com

En by die St. Andrews-bal later dié aand dra Kate toe vir die derde keer sedert Oktober 2012 haar donkerblou Jenny Packham-rok.

St. Andrews 600th Anniversary Dinner - Arrivals

Gallo Images/Getty Images

Die paartjie het onder andere besoek afgelê by die gedenk-area van 9/11 en nóg liefdadigheidsorganisasies besoek.

Wat dink jy? Moet ‘n koninklike áltyd nuwe, duur klere dra?