FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Kate Middleton se nuwe haarstyl

Kate, die hertogin van Cambridge, het in nuwe foto’s wat die afgelope naweek geneem is, gespog met ’n kuif, berig Hello!.

Dit is die eerste foto’s van Kate wat in die media verskyn sedert sy en prins William 2 maande gelede met eenderse baadjies die America’s Cup World Series-bootresies bygewoon het.

In die nuwe foto is Kate en William in ’n motor en haar nuwe kuif is duidelik sigbaar. Hulle was op pad na die oggenddiens in Crathie Kirk in Skotland. Prins Charles het ook die diens bygewoon.

Hello! het die foto’s van haar nuwe haarstyl gepubliseer.

screencapture-www-hellomagazine-com-royalty-2015091427198-kate-middleton-new-fringe-1442230930104

Kliek HIER om nog foto’s van Kate se nuwe haarstyl te sien.

Koningin Elizabeth het verlede Woensdag die koninklike geword wat al die langste oor Brittanje regeer. Die koninklike familie het saam in die Balmoral-kasteel geëet vir dié geleentheid.

Daar word vermoed dat Kate se kraamverlof aanstaande week sal eindig en sy sal weer haar take as hertogin hervat. Kate het sedert haar dogter, prinses Charlotte, se geboorte op 2 Mei ’n lae profiel gehandhaaf.

Lees ook