pippa_middleton_getty
Het jy gehoor?

Pippa Middleton in die moeilikheid?

Die suster van die toekomstige koningin van Engeland was Sondag in ‘n voorval met paparazzi in Parys betrokke toe die bestuurder van die motor waarin sy ‘n passasier was, speels ‘n pistool uitgepluk en op die kameramanne gerig het.

Die 28-jarige skoonsus van prins William was in die voorste passasiersitplek van die Audi-afslaankap toe die bestuurder die paparazzi met ‘n pistool probeer verjaag het. Dis onwettig om ‘n vuurwapen só in die openbaar te wys.

Pippa en haar medepassasiers, een van hulle die modemagnaat Arthur de Soultrait, kan al drie vervolg word as hulle enigsins as betrokkenes beskou word. Indien die geweer die ware jakob is, kan elkeen van die betrokkenes tot sewe jaar tronkstraf opgelê word, en as dit ‘n speelgoedwapen is, kan dit tot twee jaar agter tralies beteken.

*Klik om die foto van die voorval te sien.

  • hermina

    Ag my jinne dis duidelik dat sy dit nie bedoel het nie. Hoekom los die papparazzi hulle nie uit nie.

  • Gerhard

    "Indien die geweer die ware jakob is…" Pistool nou "geweer"? Ai, tog!

  • frieda

    die paparazzi maak mens siek