FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Is Kate Middleton weer swanger?

Die gerugte het verlede week die oorsese tydskrifte gehaal en wil maar net die gaan lê nie. Is dit waar? Is Kate Middleton weer swanger?

Blykbaar het “iemand wat weet” aan die Britse media vertel dat Kate reeds 3 maande swanger is – dié keer met ’n baba-dogtertjie. Kate en prins William se eersteling, prins George, is nou 7 maande oud.

Dié nuus is nog onbevestig. Die Britse poniekoerante is bekend daarvoor om nuus uit gerugte maak, so hou eerder SARIE.com dop vir wanneer dié gerugte deur ’n amptelike bron bevestig word.

Kyk HIER na Kate se mooiste swangerskap-uitrustings

Die groot nuus vir dié koninklike gesin is hul amptelike toer in April na Australië en Nieu-Seeland. En klein George gaan ook saam. Koningin Elizabeth het glo ’n stokkie voor Kate se alledaagse gemaklike styl gesteek en gesê sy moet meer koninklik aantrek. Kate gaan na bewering van die koninklike juwele tydens dié toer dra.

Lees meer HIER oor Kate se styl-transformasie

Nou beweer Global News dat Kate se lang hare ook korter gesny gaan word vir dié toer om by haar nuwe voorkoms te pas.

Kate het met haar amptelike toer in 2012 na Suidoos-Asië gewys dat haar styl nie deur ’n koffer-leefstyl beperk word nie. Kyk HIER na ons keuse van haar top-3 rokke tydens dié toer.

Bronne: Hollywood Life, Global News