FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate moet nou voor prinses Eugenie en Beatrice buig

Die nuwe protokol dwing Kate, vrou van prins William, ‘n entjie verder af in die rangorde van Britse koninklikes. Haar posisie vereis dat sy voor koningin Elizabeth se kleinkinders en dogters van prins Andrew, Eugenie en Beatrice, buig wanneer sy in hul teenwoordigheid is. Maar slegs wanneer haar man, prins William, nie saam met haar is nie.

Hoewel Kate die toekomstige koningin van Brittanje is, sal sy, as ‘n gewone burgerlike, diegene wat as koninklikes gebore is in die openbaar én wanneer hulle in privaatheid bymekaar is, só moet eerbiedig. Sy sal dieselfde moet doen voor bloubloed prinses Anne en die koningin se niggie, prinses Alexandra.

Maar prins Edward se vrou, Sophie, die gravin van Wessex, moet op haar beurt voor Kate ‘n kniebuiging maak. 

Prinses Anne, koningin Elizabeth se dogter en suster van Prins Charles, Andrew en Edward, het geweier om voor prinses Diana of selfs later voor Camilla te buig aangesien hulle volgens haar buitestaanders was en sy haar hele lewe aan koninklike diens gewy het. Dit het die koningin gedwing om destyds die protokol volgens bloedlyne te verander en vandaar Kate se nuwe posisie.

  • Melanie Goldschagg

    Hoe belaglik in vandag se lewe. Met ander woorde sy gaan eendag voor haar eie kinders moet buig.

  • Sanette

    Het hierdie koninklikes niks beter om te doen nie.

  • Jolene

    Volgens my is die gebuigery oudmodies en onvanpas. Geen mens hoef voor ‘n ander te buig nie! Almal is gelyk!!!

  • Hanke

    Absoluut belaglik om die minste te se……

  • Michelle

    Eendag sal ons almal slegs die knie voor God buig. Almal is gelyk in Sy oe.

  • Rene

    Rêrig??? As ek regtig iets moet verstaan dan sal ek probeer verstaan dat sy in die openbaar dan nou maar vir die 2 sussies moet buig. Maar in die privaatheid ook? Dis darem bietjie belaglik. Hulle is ook agter toe deure maar gewone mense. Dan moet hulle mos juis bietjie ontspan en normaal wees. Hopelik kyk die sussies dan vir haar en kan hulle bietjie ‘styling tips’ by haar kry, want hulle drag en hoede is darem glad nie stylvol genoeg vir koninklik.

  • Zenobia

    Absolute KAK!!!

  • Adolph

    Hoe kinderagtig, nie gedink hulle sal op hul ouderdom nog huis-huis speel nie.

  • Gousblom

    Baie belaglike reel van die koningin. (Prinses) Anne redeneer reg. Geen mens buig voor ‘n ander mens nie. Nie een voor die einste koningin nie.

  • susan

    Dis laf. Kate IS die toekomstige Koningin en al is sy nie van die bloedlyn nie, IS sy die toekomstige koningin. Ek kan nie sien hoekom sy voor twee die twee dogters moet buig nie, dis verspot.

  • marie rheeder

    As in die huwelik verbind is is man en vrou een.

  • Felicity

    Ja, die koningin het nie reg gedink nie. Volgens wat ek verstaan het, moes almal net buig voor diie
    koningin buig en dit is om respek te getoon het. Die wat sy nou verander het gaan hulle darem buig vir n valle.Hulle sal moet stokke kry om die bene weer reguit te kry na all die buigens.

  • David

    As ek Kate was sou ek vasgeskop het teen dit. Haar koms in die paleis moes ‘n nuwe era van monargie gebring het, en nou moet sy buig voor amper almal. Basta met dit.

  • Diane

    En Michelle het niks anders om te doen om snert kommentaar te lewer op die berig nie!

  • Servaas

    Dis epic. Skep ‘n kultuur en verstaan van respek wat nie noodwendig in ander lande gekweek word nie.

  • Helena

    Ag, dis cool man – bietjie koninglikheid.

  • Claudatuis

    Dit is belaglik arme Kate ek hoop haar man die artritis werd, eendag gaan ons almal voor God buig dan is di girl al moeg gebuig.

  • ben

    The drug pushing Queen E(History**Opium Trade) and her inbred German Family that took the name of Windsor, just blend into British society…..word wakker slawe….hierdie goed is euwel en hul dink jul almal is niks meer as kruperige kakkerlakke nie,,,,hahahah…wod wakker

  • Diane-aanhanger

    Die koninklikes is vol dingetjies, né!?

  • Lucia

    Ek wonder of daar van hulle buig voor Camilla… Ai ek kan net nie die vrou hanteer nie!!

  • magriet Meiring

    O tog dis mos nou die twee met die hoede op haar troue…..ag nee laat haar dit los, my liewe Koningin Elizabeth asseblief!!!!

  • Dillan

    Ek bevind die ‘buigings’ geensins amusant nie. Die koningin het dit maar net gedoen om die familie tevrede te stel. As dit so gaan in hierdie Monargie sal ek nie daarvan wil deel het nie..

  • petru du plessis

    waarmee sal die mense van vandag se l
    ewe nog mee vorendag kom