kate moss
Het jy gehoor?

Kate Moss se ánder talent

Die bekende supermodel Kate Moss se lenige lyf maak gereeld opslae, maar dis haar kookvernuf wat nou almal aan die praat het, berig Hello!

Tydens ’n onlangse onderhoud was die 41-jarige blondine glad nie skaam om haar tuisgemaakte konfyt te prys nie.

Volgens Business Standard het sy ’n fles van haar kenmerkende konfyt aan die TV-sjef Jamie Oliver gegee. Sy kinders, Poppy (13), Daisy (12), Petal (6) en Buddy (5), het vir Kate se 13-jarige dogter, Lila Grace, gesê hulle verkies Kate se konfyt bo hul pa s’n.

Kate hou ook haar lyf binneversierder en het onlangs vriende van haar se huis verfraai.

Sy en die musikant Jamie Hince is in 2011 getroud. 

Bronne: Hello! en Business Standard

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER in vir dié kompetisie