Kate Moss, Britse Vogue

Kate Moss, Britse Vogue

Het jy gehoor?

Is Kate Moss se huwelik op die rotse?

Die supermodel Kate Moss het steeds nie gereageer op gerugte dat haar huwelik met die musikant Jamie Hince verby is nie, berig Hello!.

Kate en Jamie is al 4 jaar getroud, maar ’n bron sê hul verhouding kan nie meer gered word nie. Hulle is 3 maande gelede saam gesien by die amfAR-gala in São Paulo. Intussen het hulle by verskeie geleenthede alleen opgedaag.

Daar word bespiegel dat Kate baie jaloers is en dat dít die rede vir hul egskeiding is. Jamie stel glo glad nie belang in Kate se geskatte bankbalans van bykans £26 miljoen (ongeveer R508 miljoen) nie. Hy wil blykbaar net sy wynversameling behou, berig Daily Mail.

Jamie en sy musiekgroep, The Kills, vertrek binnekort vir ’n toer na Amerika.

Hy en Kate is in 2011 op die Engelse platteland getroud.

Bronne: Hello! en Daily Mail

Lees ook