Het jy gehoor?

Kate se groot bekommernis: William mis dalk die geboorte

Die swanger 31-jarige koninklike is bang dat haar man nie by die geboorte van hul eersteling gaan wees nie. William, wat nog altyd baie toegewyd is aan sy werk as ‘n RAF(Royal Air Force)-vlieënier, kan moontlik weens werkverpligtinge dié belangrike dag misloop.

Hoewel William belowe het om by die geboorte te wees, het die Britse departement van verdediging gesê dat hy nie spesiale verlof sal kry net omdat hy deel van die koninklike gesin is nie. Hy sal soos enigiemand anders twee weke vaderskapsverlof kry.

William se verlof begin eers ná die geboorte en Kate is bang as sy vroeg in kraam gaan, gaan William nie by haar kan wees nie. Hoewel hy gereël het dat hy twee weke vóór die verwagte geboortedatum by die RAF-basis in Anglesey (wat sowat 480 km van hul huis in Londen is) gestasioneer word, is hy steeds op roep en kan enige tyd op ‘n missie gestuur word. Volgens vriende raak Kate nou “gestres” oor dié situasie.

Kate Middleton