Die eerste gesinsfoto buite die hospitaal toe prins George gebore is. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate se Kersgeskenk vir William – ’n speelmaat vir George?

Al is prins George nou maar net 2 maande oud, beplan die paartjie glo om teen Kersfees weer swanger te wees, berig Life & Style.

Kate en William het reeds dié plan aan hul families bekend gemaak, beweer die tydskrif se betroubare bronne.

Die bronne sê dat Kate, wat 22 Julie aan George die lewe geskenk het, reeds teen Kersfees wil swanger wees. Hulle wil hê hul kinders moet saam grootword.

Kate het glo vroeër gesê dat sy drie kinders wil hê. Sy is self een van drie – sy het ‘n jonger suster en broer, Pippa en James.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Wat ons wel weet is dat Kate en William nie meer by die Middleton-huis woon nie en nou in hul woning by Kensington-paleis bly. Kate en William het by verskeie geleenthede gesê George is groot, gelukkig, gesond en het ‘n goeie paar longe aan hom.