kate_verlowingsrok
Het jy gehoor?

Kate se verlowingsrok nou ook vir swanger vroue

Die Brasiliaanse ontwerper Daniella Helayel se oorspronklike ontwerp het keer op keer uitverkoop by Harvey Nichols en op Net-a-Porter, ‘n aanlynwinkel vir luukse items.

En dieselfde word verwag van hierdie ontwerp vir swanger vroue. Dié Issa-rok is nou teen £522 (sowat R8 090) by Blossom Mother & Child beskikbaar. Dit is presies dieselfde as die oorspronklike ontwerp, behalwe dat die snit plek maak vir ‘n boepie.