Die eerste gesinsfoto buite die hospitaal toe prins George gebore is. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate sien kans vir nóg kinders

Klink nie vir ons asof prins George vir Kate al té veel uitput nie, want sy sien kans vir nóg kinders!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

Kate, die hertogin van Cambridge, wil volgens ‘n bron vir William die “perfekte gesin” gee – en vir haar beteken dit nóg twee kinders.

Die 31-jarige hertogin het 22 Julie geboorte aan hul eersteling geskenk en prins George hoef blykbaar nie te lank te wag voordat hy ouboet gaan wees nie. Dié bron, ‘n vriend van Kate, het aan die Amerikaanse tydskrif Star gesê Kate wil 3 kinders hê voordat sy 36 is.

Prins Charles verklap George se bynaam + ander koninklike byname

“Sy wil graag vir William ‘n dogtertjie gee en sy dink drie kinders maak ‘n perfekte gesin.” Kate het ook 2 sibbe, haar suster, Pippa, en broer, James.

Prins Harry: Ek sal vir prins George oppas

Kate het ook grootgeword sonder ‘n voltydse kinderopasser en volgens bronne volg sy ook haar ma se voorbeeld. Dit blyk wanneer sy weer haar koninklike verpligtinge hervat, sal sy egter hulp kry.

William se geskenk aan Kate

William het glo aan Kate ‘n spesiale geskenk gegee om die geboorte van hul eersteling te vier. En die perfekte geskenk? ‘n Pragtige borsspeld. Dié borsspeld het glo ‘n pienk diamant in die middel en is baie vroulik. William het ook help ontwerp aan dié spesiale geskenk vir sy vrou.

Ten spyte daarvan dat William en Kate gevra het dat mense eerder aan liefdadigheid skenk as om babageskenke te stuur, het dié klein prins al baie geskenke van regoor die wêreld gekry.

“Ons kan nie gelukkiger wees nie” – Prins William

Brittanje se eersteminister David Cameron en sy vrou het Roald Dahl-boeke as geskenk gestuur. Onder die boeke is George’s Marvellous Medicine, Charlie and the Chocolate Factory en Matilda. Die klein prins het ook ‘n kombers gekry wat deur Spaanse nonne met die hand borduur is.

‘n Kroeg in Cambridge waar William en Kate verlede jaar gesig gewys het, het ‘n spesiale plekkie gereserveer waar net George mag sit. “Soos wat hy ouer word, sal ons seker maak die sitplek raak ook groter,” het die bestuurder van The Greene King Pub gesê. “Ons wil hê hulle moet weet hulle is altyd welkom hier.”

Prins William praat oor vaderskap

 

Bronne: Star en Hello!