FOTO: Facebook Kate Walsh

FOTO: Facebook Kate Walsh

Het jy gehoor?

Kate Walsh se vroeë menopouse lei tot kinderloosheid

Die 48-jarige Grey’s Anatomy-aktrise Kate Walsh het bekend gemaak sy het deur vroeë menopouse (gewoonlik voor 45) gegaan en kan daarom nie kinders van haar eie hê nie, berig People

Kate het op die program Conversations with Maria Menounos gesê dat vroeë menopouse al meer algemeen raak, alhoewel die rede hiervoor nog onduidelik is.

Volgens Perez Hilton was dié nuus vir haar aanvanklik baie hartseer, maar dit het tot persoonlike groei gelei. Sy besef nou vroue plaas te veel druk op hulself om die perfekte beroep te hê én die perfekte ma te wees.

Kate wou graag 3 of 4 kinders hê.

Kate en die voormalige sokkerspeler Alex Young het in 2011 ná drie jaar se getroude lewe geskei.

Bronne: People en Perez Hilton

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!