Kate Winslet

Kate Winslet

Het jy gehoor?

Kate Winslet help kinders met outisme

Die boek, The Golden Hat, sal selfportrette van meer as 20 bekendes, soos Ben Stiller, Jude Law en Meryl Streep, bevat waarop hulle ’n spesiale hoed dra. Die hoed is van persoon tot persoon aangegee en elkeen moes neerskryf wat sy/haar eerste woorde sou wees indien hulle vir jare stom was en skielik weer kon praat.

Kate was geïnspireer ná sy betrokke was by die vervaardiging van die dokumentêr A Mother’s Courage: Talking Back To Autism. Dié film gaan oor die Yslandse Keli Ericsdottir, ‘n outistiese seun wat veral baie uitdagings het om te kommunikeer. Hy skryf gedigte, en een stuk wat hy geskryf het gaan oor ‘n towerhoed wat ‘n outisme-lyer help om met ander te gesels. Vandaar die titel van Kate se boek.

Al die geld gaan aan Kate se liefdadigheidsprojek vir outistiese kinders, The Golden Hat Foundation. Ander bekendes wat in dié boek te sien sal wees, is Christina Aguilera, Demi Moore, Elijah Wood en Julianne Moore.

  • Reinette du Toit

    Ek is self n mamma van n outistiese seun en om te sien dat mense betrokke raak op die manier laat my huil van dankbaarheid. 2 April is outisme bewusmaakdag en dit sal wonderlik wees as julle /vrouetydskrif n artikel oor bewusmaking kan doen ons mammas van sulke kinders voel partydae so magteloos oor ander se onkunde en dit is wat ons die seerste maak want ons lewens moet aangaan ons moet gaan inkopies doen ons moet bank toe gaan env. Deurdat ander ingelig word oor outisme kan dit op die manier ons lewens makliker maak sonder dat ons gedurig te hoef verduidelik. Dit kan ook jong mammas inlig oor moontlike tekens. Hoe vroeer so kind gediagnoseer word hoe gouer kan intervensie begin. Tussen 3 – 8 jaar die beste tyd. Ek hoop regtig dat julle sal kyk wat jul kan doen om betrokke te raak by bewusmaking van outisme.

  • Hannie de Waal

    Ek is ook ‘n ma van ‘n volwasse outistiese seun van 28jr. Gelukkig is die wereld ‘n bietjie meer ingelig en daar is ook meer hulp vir outiste & aspergers. Ek vermy die herrinneringe en terugdink aan my seun se kinderjare, omdat dit NET TE SEER is en my nog steeds baie ontstel. Ek wens ek kan die nuwe ouers, met outistiese kinders help! dankie Kate vir jou boek!!!

  • judy

    Ek`s n mamma van n twee -jarige seuntjie.Ek het gelees van outistiese kinders,weet nie of my kind dit ook deurmaak nie.al die simtome is daar,(in sy eie wéreld,luister nie as daar gepraat word nie.lief vir natuur.tantrums,doen eintlik niks vir homself nie,eet nie op sy eie,hou nie v.tande borsel.eet soms swak en hou baie van TV. kyk.Kan ook nie woorde uiter nie.Die pediater sé dat daar niks prbleem met hom is nie,net ,hy is te lui. is daar dalk iets waarmee ek my seuntjie kan help as dit is dat hy outisties is?
    Baie bankie
    Judy