3ea54f9be2e2b1966be25175c19827207d5703f2
Het jy gehoor?

Kyk hoe lyk Kate Winslet nou!

Dié haarstyl het talle in Hollywood verlei: Michelle Williams, Keira Knightley, Harry Potter se Emma Watson en nóú Kate.

Sy verskyn nou op die April-voorblad van Britse Vogue, – haar derde Vogue-voorblad in haar loopbaan – waar sy oor haar nuwe kapsel en oor haar nuwe lyf en lewe gesels. Mario Testino, die Britse fotograaf wat destyds die pragfotos’ van prinses Diana geneem het, het ook dié foto’s geskiet.

Kate het onlangs Parys toe getrek om te werk aan die nuwe Roman Polanski-fliek, God of Carnage. Die 35-jarige aktrise spog met ‘n nuwe slanker lyf danksy Pilates en draf. Sy’s ook enkellopend ná haar egskeiding verlede jaar van regisseur Sam Mendes.

Klik om nog ‘n foto van Kate se nuwe haarstyl te sien!

Wat dink jy daarvan? Laat weet ons hieronder in die kommentaarboks.

  • Gloria

    Ek dink persoonlik sy het beter gelyk met haar vorige haarstyl. Maar sy bly maar mooi. Sy was seker lus vir ‘n verandering.

  • Elize

    Nee ek is jammer sommige mense hoort glad nie by blond nie en Kate is ongelukkig ook een van hulle! Dit doen dit glad nie vir haar nie, sy is met donkerder hare ‘n pragtige vrou!

  • Riehna

    Kate lyk pragtig met die nuwe ‘look’ – en haar talent maak haar nog mooier. Sy is soveel meer as a ‘starlet’.

  • Joeline

    Ek stem saam met Elize. Kate was altyd n voorstaander van n gesonde leefwyse. Ek hou baie van haar werk , sy het baie talent, maar ongelukkig lyk sy vir my nou siek.

  • Johan van Niekerk

    ….enige kleur of geur of styl van hare….kate winslet is ‘n wenner….vertrou ‘n man se opinie op hierdie een….!!