Het jy gehoor?

Hollywood-ster vlug toe Branson se huis afbrand

Weerlig het dié grasdakhuis tydens ‘n tropiese storm getref, wat ’n verterende vuur veroorsaak en die hele gebou vernietig het. Kate het volgens dailymail.co.uk Branson se 90-jarige ma, Eve, uit die huis uit gedra na veiligheid.

Branson se dogter Holly en Kate se kêrel, Louis Dowler, was ook in die huis, berig yahoo.com.

“Niemand is beseer nie, en almal [omtrent 20 mense] wat in die huis was, is veilig,” het Richard aan Britse media vertel.

Richard se kantoor was in die huis en hy vertel dat hy duisende foto’s verloor het in die brand.

Die Britse media het vroeër reeds gespekuleer of die huis vir die onthaal van Richard se dogter Holly en haar verloofde, Fred Andrews, se troue gebruik sou word.

Richard het aangedui dat hy wel die huis gaan herbou.

Kyk na foto’s en ‘n video op Richard se blog