FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kate Winslet verduidelik waar haar seun Bear Blaze se naam vandaan kom

Bekendes hou daarvan om vir hul kinders ongewone name te gee – van Apple (Gwyneth Paltrow) tot Destry (Steven Speilberg) en selfs Tu Morrow (Rob Morrow). Kate Winslet vertel die storie agter háár seun se naam Bear Blaze.

Kate en haar huidige man, Ned Rocknroll, het mekaar ontmoet op een van sy oom Richard Branson se eilande. Tydens ’n besoek het die hoofhuis begin brand en hulle moes vinnig vlug.

Dís waar haar jongte seun se tweede naam, Blaze, vandaan kom. Sy het aan Ellen DeGeneres vertel: “Ek en my man het ontmoet toe ons uit ’n brandende huis gevlug het!” Daarom het hulle dié ongewone naam vir hul seun gekies.

Die gewildste babaname van 2013 – lees hier!

Kate is ook die ma van Mia (13) en Joe (10) uit vorige verhoudings.

“Die huis het afgebrand, en ons het oorleef. Maar ons wou iets bewaar van dié insident en daarom het ons op dié naam besluit.”

Hy is ook vernoem na een van Kate se beste grootword-vriende, Bear. Bear Blaze het ook sy ma se van geërf. Sy pa is Abel Smith gebore, maar het sy naam na Ned Rocknroll verander.

Toe Ellen vir Kate vra waarom Bear nie sy pa se van dra nie, het Kate geglimlag en gesê: “Waarom dink jy, Ellen?”

Wat dink jy van ’n ongewone babanaam met ’n spesiale betekenis? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bronne: USA Today