FOTO Instagram / @katherineheigl

Het jy gehoor?

Katherine Heigl wys pienkvoet

Die Amerikaanse aktrise Katherine Heigl en haar man, die sanger en liedjieskrywer Josh Kelley, is nou die ouers van drie kinders!

Die aktrise het op 20 Desember 2016 die lewe geskenk aan klein Joshua Bishop Kelley Jr., berig E! News.

Al is hy net ’n paar weke oud, is hy reeds op die voorblad van ’n tydskrif! Baba Joshua het saam met sy ma op die voorblad van People verskyn.

A photo posted by People Magazine (@people) on

Die nuus van Katherine se swangerskap het as ’n verrassing gekom vir die paartjie. “Maar ek het geweet ek wil ons gesin uitbrei en nog kinders hê,” het sy aan People vertel.

A photo posted by People Magazine (@people) on

Dit is Katherine se eerste swangerskap. Die paartjie het reeds twee aangenome dogters, Naleigh Moon (7) en Adalaide Marie Hope (4).

Lees nou

AB se Danielle weer swanger

KYK: Identiese tweeling sien mekaar 1ste keer sedert babadae

Trouklokkies vir prins Harry en sy Meghan?