Katie Holmes
Het jy gehoor?

FOTO: Katie Holmes, Taylor Swift en kie kuier in SA

Met die verfilming van The Giver (’n bewerking van Lois Lowry se wetenskap-fiksie roman) in Suid-Afrika, het groot Hollywood-sterre in Kaapstad kom kuier.

Taylor Swift het voorverlede week haar tonele geskiet en is reeds terug na Los Angeles om aan haar nuwe album te werk. Die 34-jarige Dawson’s Creek-aktrise en eks-vrou van Tom Cruise, Katie Holmes, het besluit om nóg tyd in Suid-Afrika te spandeer en het haar 7-jarige dogter, Suri Cruise, op safari geneem.

Byna al die groot sterre is op die sosiale netwerk Twitter, maar daar is ’n paar agterosse wat nou eers aansluit. Katie Holmes is een van hulle. En dit lyk asof Suid-Afrika haar só opgewonde gemaak het, dat sy haar ervaring op Twitter móés deel. Haar eerste twiets en foto’s wys hoe baie sy dit hier geniet:

Katie HolmesFOTO van links: Cameron Monaghan (Shameless), Taylor Swift, Katie Holmes, Odeya Rush (The Odd Life of Timothy Green). Jeff Bridges staan tweede van regs, en heel regs is een van die vervaardigers Nikki Silver. Katie Holmes Katie Holmes Katie Holmes

The Giver

 

 

The Giver is ’n fantasie-verhaal wat afspeel in ’n distopiese gemeenskap met ’n vrees vir vryheid. Alle herinneringe van hul geskiedenis is uitgewis en hulle is emosieloos. Meryl Streep speel een van die hoofde van dié gemeenskap. Dié film is gemik op tieners – ’n nuwe mark vir die ervare akteurs soos Meryl en Jeff Bridges.

 

 

 

Katie Holmes se nuwe liefde

Dit is bevestig dat Katie in dié fliek speel, maar waar die ander sterre soos Taylor Swift, Jeff Bridges, Alexander Skarsgård (True Blood) en Meryl Streep se rolle reeds vroeg bekend was, het die filmmakers Katie se karakter eers geheim gehou. Hulle het onlangs bekend gemaak dat sy die ma van ’n tiener gaan speel. En film-kenners voorspel dié rol gaan iets spesiaal wees juis omdat dit vir lank stil gehou is …

Kyk hiér vir ’n foto van Katie en Suri op hul safari-uitstappie

Addisionele bron: E! Online

Ander rolprente wat ook in Suid-Afrika geskiet is:

The Bang Bang Club

Blood Diamond

Chronicle

Cry, the Beloved Country

Dark Tide

Distrcit 9

Dredd

Endgame

Free Willy: Escape from Pirate’s Cove

Home Alone 4

Invictus

Lord of War

Mad Max: Fury Road

A Reasonable Man

Safe House

The Scorpion King 2: Rise of a Warrior

Spud

Zulu