cn_image.size.cover_vanityfair_500
Het jy gehoor?

Katie Holmes nou die gesig van Bobbi Brown

Ons ken Katie met ‘n natuurlike voorkoms, sonder te veel grimering – ‘n ideale voorkoms vir Bobbi Brown-grimering.

Brown en Holmes het deur ‘n gemeenskaplike vriend ontmoet. “Ons het tee gedrink die middag, en gesels. Toe tref dit my: Jy’s die perfekte gesig vir Bobbi!” het Bobbi self vertel. “Ons het nie vir ‘n ster gesoek nie, net ‘n gewone, inspirerende vrou wat die handelsmerk sou pas. Sy het ‘n ongelooflike natuurlike skoonheid,” het Bobbi gesê.

“Ek dink dit is wonderlik dat Bobbi ‘n gaping in die mark kon vind wat vir ‘n gewone vroue eenvoudig mooi laat lyk, en dan maak sy dit nog maklik ook,” het Holmes gesê.

Bobbi Brown is verantwoordelik vir die modelle se grimering by Holmes & Yang se modevertoning by die Mercedes Benz Modeweek in New York Sondag.

*In die Oktober 2012-uitgawe van Vanity Fair verklap hulle die oudisie-proses vir van Tom Cruise se vorige ‘kandidate’ vir trou binne die Scienotologiese geloof.